Monday, June 7, 2010

Janita at two months.


Two month old Janita.

(I struggle with the alignment of the pictures - Blogger does not quite do what I want it to do - and the published previous post did not look like my edit at all... Does anyone else have this problem?)

P.S. Have you seen who has blogged again? Check my favourite blogs "We have been blessed".  Dorette has published some precious updates.

8 comments:

Desire Fourie said...

Hello Miekie. Janita is te pragtig ... en ek bedoel dit, ek het lanklaas so 'n mooi baba dogtertjie gesien. Julle is definitief geseend.
Wat blogger betref, vind ek dit die beste om eers jou fotos op to laai in jou post en dan die teks daar rondom te doen. Hoop dit help.
Mooi bly
Desire

Kelly said...

She is beautiful! Is her hair red? My youngest has red hair and we get so many comments from strangers about how cute he is :).

Sandra said...

Sy is pragtige en ek kan 'n trek van boetie ook in daai glimlaggie sien.

Ek gebruik maar windows live writer om my blogs op te skryf en die foto's en goed te edit voordat ek dit blogger toe stuur. Dit werk net vir my makliker.

Miekie said...

Hi Desire
Dankie - ons loof die Here vir haar. Sy word D.V. 4 Julie tydens 'n private plegtigheid toegewy, ingeseen ... of wat ook al dit genoem word. Ek praat maar van die doop. Ek het voorheen ook eers die fotos opgelaai (laaste een eerste) en dan die teks, maar nou sit die ding die fotos nie in die volgorde waarin ek dit oplaai nie - party kom aan die begin en ander dadelik weer aan die einde, maak nie saak waar ek die cursor gehad het nie. Sal kyk of ek Windows Live writer kan opspoor.

Hi Kelly
No her hair isn't red - dark like her mom's. Dorette has always had a red sheen though - very pretty and maybe Janita will have that too.

Hi Sandra
Ek dink ook sy het heelwat van Franco in haar, maar sy lyk meer na Dorette as wat hy lyk. Hy is sommer pure sy Ouma Elna.
Dankie vir die Windows Live Writer tip. Sal kyk of ek dit kan opspoor. Ek is al regtig moedeloos.

Thea said...

Janita is 'n pragtige babatjie en ek sien ook die trekke van Franco. Ag, dis darem lekker om so ou babapoeier lyfie teen mens vas te druk.

Ek gebruik ook Windows Live Writer en het nog nooit 'n probleem daarmee gehad nie. Jy kan dit gratis aflaai. Google maar net en jy sal wel die skakel kry.

Charmaine said...

Julle meisiekindjie is te pragtig. Ek kan dink dat daardie wangetjies en mondjie opgesoen word.

Nimsi se Blog said...

Sy is werklik n pragtige ou dingetjie Miekie. Ek sukkel ook met foto's oplaai maar met al die wenke hier gaan ek wekerlik nie weer n probleem he nie.

Jan and Miekie said...

Hi Thea
Dankie vir die tip! Gaan dit probeer.

Hi Charmaine
Dis nes jy sê! (Was gisteraand weer daar en daardie wangetjies en koppie is opgesoen.)

Hi Nimsi
Ek het Live Writer nou net probeer en wat 'n verskil! Gaan nou die publish knoppie druk en hopelik is die helfte van die fotos nie dan nie weer afgesny nie. Immers kan 'n mens die fotos in volgorde oplaai en teks tik soos jy aangaan.